Keiserlike harem

’n Skildery van die Sultan se harem.

Die keiserlike harem (Turks: Harem-i Hümâyûn) van die Ottomaanse Ryk (1299–1923) was een van die belangrikste elemente van die hof. Dit was in die Weste bekend as die Seraglio, ’n Italiaanse term. Die sultan se ma het in die harem gebly, asook sy vroue, byvroue en kinders, die eunugs wat die harem bewaak het, die hoof-eunug en hulle bediendes.

Een van die bekendste en grootste harems van die Ottomaanse tyd was in die Topkapı-paleis in Istanboel. Dit het meer as 400 kamers beslaan.[1]

  1. "Harem". Topkapı Palace Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2008. Besoek op 16 Augustus 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search